Yolandi Groenewald | Vrye Weekblad | 7 February 2020 |
Verskeie vooraanstaande ondernemings het baie om te verduidelik oor hoe hulle staatskaping aangehelp het, blyk uit ’n verslag wat vandeesweek bekendgestel is. YOLANDI GROENEWALD was by die bekendstelling daarvan
TERWYL staatskaping in die middel van die vorige dekade op sy ergste gewoed het, het ’n klomp vooraanstaande Suid-Afrikaanse ondernemings anderkant toe gekyk en pap geskep terwyl dit reën.
Eers toe die woord “Gupta” later ’n vloekwoord begin word het, het dié ondernemings begin rem aanslaan. Staatskaping en geldwassery sou nie kon plaasgevind het as hierdie ondernemings nie ’n handjie bygesit het nie, sê Hennie Van Vuuren, direkteur van die organisasie Open Secrets. En dis nou tyd dat hulle aan die pen ry.
Open Secrets tesame met Shadow World Investigations (SWI) het Donderdag ’n verslag uitgereik wat wys hoe geld deur privaat ondernemings terug na die Guptas gevloei het. Hierdie ondernemings – prokureursfirmas, konsultante en veral banke – het staatskaping se ratte geolie en gesorg dat die Gupta-netwerk kon plunder, luidens die verslag, getiteld The Enablers. Dié verslag is ook aan die Zondo-kommissie na staatskaping voorgelê…